Moeder Aarde
Vandag, 'n donker stofpad, 'n bitter modderpad, terug na die verlede.
Galonne see in my mond, die nat spat uit my oë, my bril keer die sproei.
Voorheen geen einde aan die verwoestende gedonder en bliksem, van verwoestende hailstorms wat onverpoosd voort woed die.
Lewe en sig vernietig.
Breine verdeel om te keer die delikate deel.
Delikate siel
Brutale realiteit staal ons vir behoud.
Akurate koëls uit 'n geweer skiet die vergeet- deksel netjies in die hel-kol,
alles sypel in jou brein en spring viervoetig op jou hart.
Woedend gesleep diep, diep in die donkerste diepte
Kan ek oorleef met 'n gebarste hart het van smart,
kan my ore hoor as stilte van dood en pyn oordromme vernietig?
Kan ek weer rose ruik as my bloeiende wonderskoon wit roos bespot, vertrap, oopgesny, uitgehol vir ander om te leef.
Kan ek liefde wat verraad gepleegd het weer vertrou?
Kan'n land wat ek liefgehad het my verwerp en verwag ek moet dit onderhou?
Kan 'n volk wat boos is genoeg bloei om weer goed te word,?
Bruisende borrelende bruin riviere in 'n land van boosheid?
In die see van trane.
No comments:
Post a Comment